2 Samuel 24:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want toe Dawid in die môre opstaan, het die woord van die HERE tot die profeet Gad, die siener van Dawid, gekom en gesê:
Afrikaans (NLV) 2011 Die volgende oggend, nadat Dawid opgestaan het, het die profeet Gad, die siener van Dawid, na hom toe gekom. Die woord van die Here het na Gad gekom. Dit het gesê:
Afrikaans 1933/1953 Toe Dawid die môre opstaan -- die woord van die HERE het naamlik tot die profeet Gad, die siener van Dawid, gekom en gesê:
Afrikaans 1983 Nadat Dawid die oggend opgestaan het, het die profeet Gad, die siener van Dawid, na hom toe gekom. Die woord van die Here het tot Gad gekom en gesê:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Dawid die volgende oggend opstaan, het die woord van die Here tot die profeet Gad, die siener van Dawid, gekom:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die profeet Gad was Dawid se siener. Toe Dawid die volgende oggend opstaan, het die Here vir Gad gesê:
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die volgende môre toe Dawid opstaan, kom die profeet Gad na hom toe. Hy moes altyd vir Dawid sê wat die Here wil hê.