2 Samuel 24:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Dawid se hart het hom getref nadat hy die volk getel het. Toe sê Dawid aan die HERE: Ek het grootliks gesondig deur wat ek gedoen het; want ek het baie dwaas gedoen.
Afrikaans (NLV) 2011 Nadat Dawid die sensusopname laat maak het, het sy gewete hom begin pla. Hy bely toe teenoor die Here: “Ek het swaar gesondig met wat ek gedoen het. Vergeef tog my oortreding, Here, want ek het ’n baie dwase ding gedoen.”
Afrikaans 1933/1953 Maar Dawid se gewete het hom gekwel nadat hy die volk getel het, en Dawid het aan die HERE gesê: Ek het swaar gesondig deur wat ek gedoen het; HERE, vergeef dan nou tog die skuld van u kneg, want ek het baie dwaas gehandel.
Afrikaans 1983 Nadat hy die volk laat tel het, het Dawid se gewete hom gekwel. Hy het teenoor die Here bely: “Ek het swaar gesondig met wat ek gedoen het. Vergewe tog nou my oortreding, Here! Waarlik, ek het baie dwaas opgetree.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar Dawid se gewete het hom gepla nadat hy die manskappe getel het. Dawid sê toe vir die Here: “Ek het ernstig gesondig deur wat ek gedoen het. Here, skeld nou asseblief die sondeskuld van u dienskneg kwyt, want ek het baie dwaas opgetree.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar nadat Dawid die volk laat tel het, het hy geweet dat hy verkeerd gedoen het. Hy het vir die Here gesê: “Here, ek het 'n groot sonde gedoen, maar vergewe asseblief my sonde, want ek het 'n baie dom ding gedoen.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Na die sensus het Dawid se gewete hom begin pla. Hy het vir die Here gaan sê: “Dis ’n verkeerde ding wat ek gedoen het, Here; vergewe my asseblief dat ek so onnosel was.”