2 Samuel 24:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En weer het die toorn van die HERE teen Israel ontvlam, en Hy het Dawid teen hulle aangehits om te sê: Gaan tel Israel en Juda. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die woede van die Here het weer teen Israel ontvlam. Hy het Dawid beïnvloed. “Gaan tel die Israeliete en die Judeërs,” het die Here vir hom gesê. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die toorn van die HERE het weer teen Israel ontvlam, en Hy het Dawid teen hulle aangehits en gesê: Gaan tel Israel en Juda. |
| Afrikaans 1983 | Op 'n keer was die Here vertoorn op Israel. Hy het Dawid teen hulle aangehits en gesê: “Gaan tel die Israeliete en die Judeërs.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die toorn van die Here het weer teen Israel ontbrand. Hy het Dawid teen hulle opgesteek met die woorde: “Gaan tel Israel en Juda.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Eendag was die Here weer kwaad vir die Israeliete. Die Here het vir Dawid laat besluit om iets te doen waaroor die Here die Israeliete kon straf. Hy het vir Dawid gesê: “Jy moet die mense van Israel en Juda tel.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het weer ’n keer vir die Israeliete kwaad geword. Toe het Hy Dawid teen hulle opgesteek en gesê: “Gaan hou ’n sensus in Israel en Juda.” |