2 Samuel 23:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ná hom was Eleasar, die seun van Dodo, die Ahohiet, een van die drie helde saam met Dawid, toe hulle die Filistyne uitgedaag het wat daar was om te veg, en die manne van Israel het weggegaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Na hom was daar Eleasar seun van Dodo, die Agoagiet. Hy was een van die Driemanskap by Dawid toe die Filistyne by Garpam bymekaargekom het vir oorlog. Die Israeliete het gevlug, |
| Afrikaans 1933/1953 | En nhom was Ele sar, die seun van Dodo, die Ahohiet, onder die drie helde by Dawid; toe hulle die Filistyne uitgedaag het wat daar bymekaar was om te veg, en die manne van Israel weggetrek het, |
| Afrikaans 1983 | Eleasar seun van Dodo uit Agoag was onder hom. Hy was een van die drie helde by Dawid toe die Filistyne by Garpam bymekaargekom het om te veg. Toe die Israeliete teen die hange uit vlug, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ná hom was daar Eleasar, seun van Dodo, seun van 'n man uit Agoag. As een van die drie, die helde, was hy by Dawid toe hulle die Filistyne uitgetart het wat daar vir die geveg byeen was. Toe die manne van Israel teruggetrek het, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die volgende man van die eerste drie manne was Eleasar seun van Dodi van die stad Agoag. Eleasar was by Dawid toe hulle die Filistyne aangeval het wat bymekaargekom het om oorlog te maak. Die manne van Israel het gevlug, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Eleasar, Dodo se seun, was die tweede van die drie beroemde helde van Dawid. Hy was van die Agoagfamilie. Hy was by toe hulle die keer die Filistyne uitgetart het wat reg was vir die geveg. Toe die Filistyne storm, het die manne van Israel teruggeval, |