2 Samuel 23:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit is die name van die magtige manne wat Dawid gehad het: Die Tagmoniet wat op die troon gesit het, die hoof van die owerstes; dit was Adino, die Esniet; hy het sy spies opgehef teen aghonderd wat hy op een slag gedood het.
Afrikaans (NLV) 2011 Hier volg die name van Dawid se helde. Die eerste was Joseb-Bassebet die Tagkemoner, leier van die Driemanskap. Hy het op ’n keer met sy spies 800 vyandige soldate tydens een veldslag doodgemaak.
Afrikaans 1933/1953 Dit is die name van die helde wat Dawid gehad het: Joseb-Bassebet, 'n Tagkemoniet, die hoof van die adjudante; hy was Adino, die Esniet, teen agt honderd wat op een keer gesneuwel het.
Afrikaans 1983 Die volgende dapper manne was by Dawid: Joseb-Bassebet die Tagkemoner was hoof van die driemanskap. Hy het met sy spies ag honderd man in een veldslag laat sneuwel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit is die name van Dawid se helde: Joseb-Bassebet uit Tagkemon. Hy was die hoof van die drie. Hy het sy spies geswaai oor agthonderd man wat by een geleentheid deurboor is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het spesiale manne gehad wat goed oorlog kon maak. Hier is hulle name: Joseb-Bassebet van die stad Tagkemon was die leier van die eerste drie manne. Hy het 800 manne op een plek doodgemaak met sy spies.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hier is die name van Dawid se dapperste soldate: Joseb-Bassebet van die Tagkemon-familie was die leier van die beroemde drie. Hy het in een geveg met sy oorlogsbyl wat hy so bokant sy kop swaai, 800 man kafgeloop.