2 Samuel 23:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die man wat hulle aanraak, moet met yster en die staf van 'n spies omhein wees; en hulle sal op dieselfde plek met vuur verbrand word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wie dit aanraak, moet dit doen met yster of met die steel van ’n spies. In ’n vuur brand dit uit.” |
| Afrikaans 1933/1953 | en elkeen wat hulle wil aanraak, wapen homself met 'n yster of die steel van 'n spies, en met vuur word hulle op daardie plek heeltemal verbrand. |
| Afrikaans 1983 | Wie daarmee werk, doen dit met yster of hout. In 'n vuur brand hulle heeltemal uit.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wie aan hulle raak, het in sy hand 'n yster, of die steel van 'n vegspies; en hulle word net daar heeltemal verbrand.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Iemand wat met die dorings moet werk, gebruik 'n yster of 'n spies se steel, en hy verbrand die dorings daar waar dit lê.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Al wat ’n mens daarmee kan doen, is om hulle bymekaar te krap met die punt of handvatsel van ’n spies en hulle net daar te verbrand. |