2 Samuel 23:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die seuns van Belial sal almal wees soos weggestoot dorings, omdat hulle nie met die hande gevat kan word nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Maar bose mense is soos dorings wat weggegooi word en nie met kaal hande hanteer moet word nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar deugniete, hulle almal is soos weggegooide dorings, want 'n mens vat dit nie met die hand nie; |
| Afrikaans 1983 | Maar die goddelose is soos doringtakke wat alles weggegooi word; niemand vat met die hand daaraan nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Maar skurke – soos dorings word hulle almal uitmekaar gewaai; want mens vat nie met die hand daaraan nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar slegte mense is soos dorings wat jy weggooi, jy raak nie daaraan met jou kaal hand nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar slegte mense is soos droë doringtakke wat die wind uitmekaargewaai het: ’n mens raak nie aan hulle nie. |