2 Samuel 23:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Al is my huis nie so by God nie; nogtans het Hy met My 'n ewige verbond gesluit, in alles georden en seker; want dit is al my heil en al my begeerte, al laat Hy dit nie groei nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Staan my huis nie by God nie? Het Hy dan nie ’n blywende verbond met my gemaak, een wat in elke opsig bevestig, gewaarborg is nie? Al my redding, al my vreugde – kom net van Hom af.
Afrikaans 1933/1953 Want is my huis nie so by God nie? Want Hy het 'n ewige verbond vir my daargestel wat in alles gereël en verseker is; want al my heil en alle welgevalle, ja, sal Hy dit nie laat uitspruit nie?
Afrikaans 1983 “God het my koningskap goed gevestig, Hy het aan my 'n verbond vir altyd gegee, behoorlik opgestel en goed bewaar. Al my hulp, al my vreugde, dit kom van Hom af.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Ja, is dit nie soos my huis by God is nie? Want Hy het 'n ewige verbond met my gevestig, in alle opsigte georden en beskerm. Ja, al my heil en alle wense, sal Hy dit dan nie laat uitspruit nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is hoe ek en my nageslag by God is, want Hy het 'n verbond gemaak met my, 'n verbond wat altyd sal wees, sodat ek alles sal doen soos dit moet wees, en sodat ek veilig sal wees. Hy help my en Hy gee vir my wat ek graag wil hê, alles kom van Hom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dis hoe God wil hê my regering moet wees, want Hy het vir my ’n belofte gemaak wat vir altyd bly staan. Hy het self die belofte gemaak en Hy sal sy belofte hou. Hy help my in alles wat ek wil doen; Hy sorg dat dit voorspoedig gaan.