2 Samuel 23:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sal wees soos die lig van die môre as die son opkom, 'n môre sonder wolke; soos die sagte gras wat uit die aarde spring deur helder skyn na reën. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | hy is soos die môrelig wanneer die son in die oggend verskyn in ’n wolklose hemel, soos helderheid ná die reën wat jong gras uit die aarde laat groei.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | is soos die môre lig by sonsopgang, 'n môre sonder wolke as deur die glans ndie reën grasspruitjies uit die aarde uitkom. |
| Afrikaans 1983 | is soos die môrelig as die son opkom op 'n oggend sonder wolke; dit skitter na die reën; die gras skiet op uit die grond.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | is soos die môrelig teen sonop op 'n wolklose oggend; deur die helderheid wat die reën bring, spruit groen gras uit die aarde.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | is soos die oggendlig wanneer die son opkom en daar nie wolke is nie, en die reën blink op die groen plante wat uit die aarde groei. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | is hy soos die helder son op ’n wolklose môre wat die gras laat groei na die reën. |