2 Samuel 23:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die God van Israel het gesê: Die Rots van Israel het met my gespreek: Hy wat oor die mense heers, moet regverdig wees en heers in die vrees van God.
Afrikaans (NLV) 2011 Die God van Israel het gepraat, die Rots van Israel het vir my gesê: ‘Die mens wat regeer met regverdigheid, wat regeer in eerbied teenoor God,
Afrikaans 1933/1953 Die God van Israel het gesê, die Rots van Israel het tot my gespreek: 'n Heerser oor mense, 'n regverdige, 'n heerser in die vrees van God,
Afrikaans 1983 Die God van Israel het gepraat, die Rots van Israel het vir my gesê: ‘Hy wat regverdig oor mense heers, wat regeer in eerbied teenoor God,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Die God van Israel het met my gepraat, die Rots van Israel het gesê, ‘Hy wat regverdig heers onder mense, hy wat in die vrees van die Here heers,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die God van Israel het gepraat, die Rots van Israel het vir my gesê: Iemand wat regverdig regeer oor mense en wat vir God dien,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die God van Israel het gepraat; Israel se God by wie ’n mens veilig is, het vir my gesê: As iemand ’n regverdige koning is en respek het vir die Here,