2 Samuel 23:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het 'n Egiptenaar, 'n mooi man, gedood; en die Egiptenaar het 'n spies in sy hand gehad; maar hy het met 'n staf na hom afgegaan en die spies uit die hand van die Egiptenaar geruk en hom met sy eie spies gedood. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Ander keer het hy ’n sterk Egiptenaar doodgemaak. Die Egiptenaar was gewapen met ’n spies, terwyl Benaja net ’n stok gehad het. Maar Benaja het die spies uit die man se hand geruk en hom met sy eie spies doodgemaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy het ook 'n Egiptenaar verslaan, 'n mooi man; en in die hand van die Egiptenaar was 'n spies; maar hy het na hom afgegaan met 'n stok en die spies uit die hand van die Egiptenaar geruk en hom met sy eie spies doodgesteek. |
| Afrikaans 1983 | Hy het ook 'n frisgeboude Egiptenaar doodgeslaan. Die Egiptenaar het nogal 'n spies in sy hand gehad, terwyl Benaja hom net met 'n stok gepak het. Hy het die spies uit die Egiptenaar se hand geruk en hom met sy eie spies van kant gemaak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is ook hy wat 'n Egiptenaar, 'n indrukwekkende man, verslaan het. Die Egiptenaar het 'n vegspies in sy hand gehad, en Benaja het na hom afgegaan met 'n stok. Hy het die vegspies uit die Egiptenaar se hand geruk en hom met sy eie vegspies doodgemaak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is ook hý wat die Egiptenaar oorwin het. Die Egiptenaar was 'n mooi man en hy het 'n spies in sy hand gehad. Benaja het net 'n stok saamgeneem toe hy afgegaan het na die Egiptenaar toe. Hy het die spies uit die Egiptenaar se hand gevat en hy het die Egiptenaar met sy eie spies doodgemaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dis ook hy wat daardie lang Egiptenaar doodgesteek het. Die Egiptenaar het ’n spies in sy hand gehad en Benaja het net ’n stok gehad. Hy het die spies uit die Egiptenaar se hand geruk en hom met sy eie spies doodgesteek. |