2 Samuel 23:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Benaja, die seun van Jójada, die seun van 'n dapper man, van Kabseel, wat baie dade gedoen het, hy het twee leeuagtige manne van Moab gedood;
Afrikaans (NLV) 2011 Dan was daar Benaja seun van Jojada, ’n dapper vegter uit Kabseël. Hy het twee sterk manne in Moab doodgemaak. Op ’n dag toe dit gesneeu het, het hy in ’n droë put geklim en ’n leeu daar doodgemaak.
Afrikaans 1933/1953 Verder Ben ja, die seun van Jojada, 'n sterk man, groot van daad, uit K bseël; hy het die twee groot helde van Moab verslaan; en hy het afgegaan en 'n leeu binne-in 'n kuil doodgeslaan op 'n sneeudag.
Afrikaans 1983 Benaja seun van Jojada, seun van Isgai, was afkomstig uit Kabseël. Hy was 'n man van baie dade en het twee sterk manne in Moab doodgemaak. Op 'n sneeudag het hy in 'n droë put afgeklim en 'n leeu daar doodgemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dan was daar Benaja, seun van Jojada, 'n onverskrokke man uit Kabseël wat groot dade gedoen het. Hy is die een wat die twee manne van Moab, manne met leeuemoed, verslaan het. Dit is hy wat op 'n dag toe dit gesneeu het, binne-in 'n opgaarput afgegaan en 'n leeu neergevel het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Benaja seun van Jojada van die stad Kabseël was 'n dapper man wat groot dinge gedoen het. Dit is hý wat daardie twee baie sterk manne van Moab oorwin het. En eendag toe dit gesneeu het, het hy afgegaan in 'n gat en hy het 'n leeu doodgemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Benaja, die dapper Jojada se seun, wat van Kabseël af gekom het, is vir baie dinge bekend. Hy het die twee mans wat “die leeus van Moab” genoem is, doodgemaak. Dis hý wat eendag toe dit gesneeu het in ’n ondergrondse reservoir ingegaan en ’n leeu daar doodgemaak het.