2 Samuel 23:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Abisai, die broer van Joab, die seun van Seruja, was die hoof onder drie. En hy het sy spies opgehef teen drie honderd en hulle gedood, en hy het die naam onder drie gehad. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Abisai seun van Seruja en broer van Joab, was die leier van die Dertigtal. Hy het eenkeer met sy spies 300 man in een geveg doodgemaak. Dis waarom hy beroemd geword het by die Dertigtal. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ab¡sai, die broer van Joab, die seun van Seruja, hy was hoof van die drie, en hy het sy spies geswaai oor drie honderd wat gesneuwel het, en het 'n naam gehad onder die drie. |
| Afrikaans 1983 | Seruja se seun Abisai, die broer van Joab, was die leier van die dertigtal. Hy het met sy spies drie honderd man laat sneuwel. Hy was beroemd onder die dertigtal. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Abisai, seun van Seruja en Joab se broer, was hoof van die drietal. Hy het sy vegspies oor driehonderd gesneuweldes geswaai en hy het vir hom naam gemaak onder die drie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Abisai broer van Joab en seun van Seruja was die leier van die 30 manne. Hy het 300 manne doodgemaak met sy spies. Mense het gedink hy is net so belangrik soos die eerste drie manne. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Abisai (Joab se broer en die seun van Seruja) was die leier van die 30 helde van Dawid. Hy het met sy spies 300 manne doodgesteek. Sy naam word saam met die drie mans genoem wat vir Dawid water gaan haal het. |