2 Samuel 23:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê: Laat dit ver van my wees, o HERE, dat ek dit sou doen: is dit nie die bloed van die manne wat in gevaar van hulle lewe gegaan het nie? daarom wou hy dit nie drink nie. Hierdie dinge het hierdie drie magtige manne gedoen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | en gesê: “Mag die Here my daarvan bewaar dat ek hiervan drink! Is dit nie soos die bloed van hierdie manne wat met lewensgevaar gegaan het nie?” Dawid het dit dus nie gedrink nie. Dis die soort heldedade van die drie krygsmanne. |
| Afrikaans 1933/1953 | en gesê: Dit is ver van my, HERE, dat ek dit sou doen! Sou ek die bloed drink van die manne wat met lewensgevaar gegaan het? En hy wou dit nie drink nie. Dit het die drie helde gedoen. |
| Afrikaans 1983 | en gesê: “Mag die Here my daarvan bewaar dat ek dit sou drink. Is dit nie so goed as die bloed van die manne wat met lewensgevaar gegaan het nie?” Daarom wou hy dit nie drink nie. Dit het die drie helde gedoen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het gesê: “Mag die Here my daarvan weerhou om hierdie water te drink! Is dit nie die bloed van die manne wat hulle lewens gewaag het nie?” Hy wou dit nie drink nie. Dit is wat dié drietal helde gedoen het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid het gesê: “Here, ek kan nie hierdie water drink nie. As hierdie manne gesterf het, dan was dit my skuld.” Dawid wou nie die water drink nie, maar dit is wat die drie manne gedoen het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | en gesê: “Ek sal dit nooit drink nie, Here! Dis so goed soos die bloed van dié mans wat hulle lewe gewaag het om dit te gaan haal!” Hy wou dit glad nie drink nie. Dit is hoe dapper daardie drie was. |