2 Samuel 23:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die drie helde het die leër van die Filistyne deurgebreek en water uit die put van Betlehem wat by die poort was, geput en dit ingeneem en na Dawid gebring; maar hy wou nie daarvan drink nie, maar het dit uitgegooi aan die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die drie helde het toe deur die Filistynse linie gebreek, die water uit die put opgetrek en dit vir Dawid gebring. Maar Dawid wou dit nie drink nie. Hy het dit as ’n offer voor die Here uitgegiet |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het die drie helde deur die laer van die Filistyne gebreek en water geskep uit die put van Betlehem wat by die poort was, en dit gedra en na Dawid gebring; maar hy wou dit nie drink nie, en het dit tot eer van die HERE uitgegiet |
| Afrikaans 1983 | Die drie helde het toe deur die Filistynse kamp geglip en water uit die put in Betlehem se poort vir Dawid gebring, maar hy wou dit nie drink nie. Hy het dit as 'n offer vir die Here uitgegiet |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die drie helde het toe deur die kamp van die Filistyne gebreek en water geskep uit die opgaarput by die dorpspoort van Betlehem. Hulle het dit gedra en vir Dawid gebring. Maar hy wou dit nie drink nie, en het dit vir die Here uitgegiet. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die drie manne het tussen die tente van die Filistyne deurgeloop en hulle het water geskep uit die watergat in die poort van Betlehem. Hulle het dit vir Dawid gebring, maar Dawid wou dit nie drink nie. Hy het dit vir die Here gegee, dit was 'n drank-offer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die drie heldhaftige mans het toe by al die Filistyne se wagte verbygegaan en water gaan skep uit die put waar jy in Betlehem ingaan. Hulle het dit vir Dawid gevat, maar hy wou dit nie drink nie. Hy het dit vir die Here op die grond uitgegooi |