2 Samuel 23:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En drie van die dertig owerstes het afgetrek en in die oestyd by Dawid aangekom in die spelonk van Adullam;
Afrikaans (NLV) 2011 Drie van die Dertigtal het eenkeer tydens die oestyd by Dawid by die Adullamgrot aangekom. Die Filistyne het in die Spooklaagte kamp opgeslaan.
Afrikaans 1933/1953 En drie van die dertig hoofde het afgetrek en teen die oestyd by Dawid by die spelonk van Adullam aangekom, terwyl 'n hoop Filistyne in die laer staan in die dal Ref im.
Afrikaans 1983 Op 'n keer het drie van die dertig leiers afgetrek en in die oestyd by die Adullamgrot by Dawid aangekom. Die kamp van die Filistyne was in die Spooklaagte.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Drietal van die dertig hoofde het afgegaan en in die oestyd by Dawid aangekom in die grot van Adullam. Die kamp van die Filistyne was opgeslaan in die vallei van Refaïm.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Eendag het drie van die 30 leiers afgegaan na Dawid toe. Dawid was by die Adullam-grot. Dit was in die tyd toe die mense die koring afgesny het. 'n Groep Filistyne se tente was in Spook-laagte.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Drie van Dawid se 30 helde het eenkeer in die oestyd na Dawid toe gegaan waar hy in die Adullamgrot was. Die Filistyne se leër het in die Spooklaagte kamp opgeslaan.