2 Samuel 23:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar hy het in die middel van die grond gaan staan en dit verdedig en die Filistyne gedood, en die HERE het 'n groot oorwinning bewerk. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | maar Samma het vasgestaan in die landery, dit verdedig en die Filistyne teruggedryf. Die Here het aan hulle ’n groot oorwinning gegee. |
| Afrikaans 1933/1953 | het hy hom opgestel in die middel van die stuk land en dit afgeneem en die Filistyne verslaan, sodat die HERE 'n groot oorwinning bewerk het. |
| Afrikaans 1983 | het hy by daardie akker gaan stelling inneem en dit beskerm. Hy het die Filistyne verslaan, en die Here het groot uitkoms gegee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | het Samma stelling ingeneem in die middel van die land en dit teruggevat. Hy het die Filistyne verslaan, en die Here het 'n groot oorwinning bewerk. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | maar Samma het in die lensieland gaan staan en hy het gekeer sodat die vyande dit nie kon vat nie. Hy het die Filistyne plat geslaan, en die Here het hom laat wen teen al die Filistyne. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Samma het in die middel van die land gaan staan om dit te verdedig en die Filistyne teruggedryf. Die Here het so vir die Israeliete ’n groot slag geslaan. |