2 Samuel 23:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ná hom was Samma, die seun van Agee, die Harariet. En die Filistyne het bymekaargekom in 'n bende, waar 'n stuk grond vol lensies was, en die manskappe het vir die Filistyne gevlug. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die volgende in rang van die Driemanskap, was Samma seun van Agee uit Harar. Die Filistyne het op ’n keer by Legi versamel naby ’n landery vol lensies. Die Israeliete het gevlug, |
| Afrikaans 1933/1953 | En nhom was Samma, die seun van Age, die Harariet. Toe die Filistyne by Legi bymekaarkom, waar 'n stuk land was vol lensies en die volk vir die Filistyne gevlug het, |
| Afrikaans 1983 | Onder hom was Agee se seun Samma, uit Harar. Die Filistyne het bymekaargekom by Legi waar 'n land vol lensies was. Toe die leër vir die Filistyne vlug, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ná hom was daar Samma, seun van Agee, uit Harar. Die Filistyne het byeengekom in 'n kamp waar daar 'n stuk land vol lensies was. Toe die manskappe voor die Filistyne uit vlug, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die derde man van die eerste drie manne was Samma seun van Age van die stad Harar. Die Filistyne het bymekaargekom by die plek Legi. Daar was 'n stuk grond waar lensies gegroei het. Die manne van Israel het gevlug vir die Filistyne, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die derde een was Samma. Hy was Agee, wat van Harar af gekom het, se seun. Die Filistyne het eenkeer by Legi saamgetrek. Daar was ’n land vol lensies en die manskappe het vir die Filistyne gevlug. |