2 Samuel 23:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Nou is dit die laaste woorde van Dawid. Dawid, die seun van Isai, het gesê, en die man wat in die hoogte opgewek is, die gesalfde van die God van Jakob en die lieflike psalmis van Israel, het gesê:
Afrikaans (NLV) 2011 Hier volg die laaste woorde van Dawid: “Dit is Dawid seun van Isai wat praat, dis woorde van die man vir wie God aansien gegee het, die gesalfde van die God van Jakob, die geliefde psalmdigter van Israel.
Afrikaans 1933/1953 En dit is die laaste woorde van Dawid: Dawid spreek, die seun van Isai, en die man wat hoog geplaas was, spreek, die gesalfde van die God van Jakob en die lieflike in die sange van Israel:
Afrikaans 1983 Hier volg die laaste woorde van Dawid: “Dit is Dawid seun van Isai wat praat. Dit is 'n man wat praat, een wat hoog geplaas is, die gesalfde van die God van Jakob, die gevierde in die liedere van Israel:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit is die laaste woorde van Dawid: “Die uitspraak van Dawid, seun van Isai, die uitspraak van die man wat hoog geplaas is, die gesalfde van die God van Jakob, die geliefde van die liedere van Israel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hier is die laaste dinge wat Dawid gesê het: “Dawid seun van Isai het gepraat. Die Here het hom 'n belangrike man gemaak, en dit is hý wat gepraat het, hy, die gesalfde van die God van Jakob, die Sterk God van Israel was lief vir hom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hierdie is ’n lied wat genoem is “Dawid se laaste woorde”. ’n Profesie van Dawid, Isai se seun, ’n profesie van iemand vir wie God ’n hoë posisie gegee het, vir wie die God van Jakob uitgekies het, die digter van Israel se mooiste liedere.