2 Samuel 22:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | In my benoudheid het ek die HERE aangeroep en tot my God geroep, en Hy het my stem uit sy tempel gehoor, en my geroep het in sy ore ingekom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In my angs het ek tot die Here geroep, tot my God geroep om hulp. In sy heiligdom het Hy geluister; my hulpgeroep het Hy gehoor. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe ek benoud was, het ek die HERE aangeroep, en ek het geroep tot my God; en uit sy paleis het Hy my stem gehoor, en my hulpgeroep was in sy ore. |
| Afrikaans 1983 | In my nood roep ek na die Here, ja, ek roep om hulp na my God. In sy paleis hoor Hy my geroep. Ek roep na Hom om hulp, en Hy luister na my. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In my benoudheid het ek na die Here bly roep; na my God het ek geroep. In sy paleis het Hy my stem gehoor; my hulpgeroep het sy ore bereik. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Wanneer dit sleg gaan, dan skree ek: Here! Ek roep na my God, Hy hoor my stem in sy paleis, Hy hoor wanneer ek roep en vra dat Hy my moet help. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe ek so diep in die moeilikheid was, het ek na die Here geroep; ek het geskree my God moet my help. In sy paleis het Hy gehoor hoe ek roep; Hy het gehoor hoe benoud ek is. |