2 Samuel 22:49 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En wat my uitlei van my vyande af; ook het U my verhef bo die wat teen my opgestaan het; U het my verlos van die geweldenaar. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy red my van my vyande. Buite bereik van teenstanders verhef U my; U verlos my van geweldenaars. |
| Afrikaans 1933/1953 | en wat my uitlei onder my vyande uit; ja, U verhef my bo my teëstanders, U bevry my van die man van geweld. |
| Afrikaans 1983 | Hy red my van my vyande. Ja, U stel my buite bereik van my teëstanders, U bevry my van geweldenaars. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy wat my weglei van my vyande. Ja, U verhoog my bo my teenstanders; van manne van geweld ruk U my weg. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy red my van my vyande, Hy laat my staan hoog bo die mense wat teen my is, Hy red my wanneer wrede mense my wil seermaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | wat my vry gemaak het van my vyande. U het gesorg dat hulle my nie bykom nie; U het my weggeruk van mense wat net op geweld uit is. |