2 Samuel 22:47 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die HERE leef; en geseënd is my rots; en verhoog word die God van die rots van my heil.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here leef! Ek prys my Rots! Ek loof God, die rots van my redding,
Afrikaans 1933/1953 Die HERE leef! En geloofd sy my rots, en laat verhoog wees die God wat die rots is van my heil!
Afrikaans 1983 Die Here leef! Ek loof Hom wat my rots is. Ek prys my God wat my verlos het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Die Here leef! Lofwaardig is my rots; die God wat die rots van my verlossing is, is verhewe!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Die Here lewe, ek wil my Rots prys. Ek sê die God wat my Rots is en wat my red, is belangriker as alles.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here leef! Die Here moet geprys word! Hy het my beskerm. Die God wat my beskerm en help, moet grootgemaak word!