2 Samuel 22:44 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) U het my ook gered uit die twis van my volk, U het my as hoof van die nasies bewaar; 'n volk wat ek nie geken het nie, sal my dien.
Afrikaans (NLV) 2011 In die stryd met teenstanders het U my verlos, my oor nasies as koning aangestel. ’n Volk wat ek nie geken het nie, dien my nou.
Afrikaans 1933/1953 En U het my gered uit die getwis van my volk; U het my bewaar as 'n hoof van nasies; 'n volk wat ek nie geken het nie, het my gedien.
Afrikaans 1983 U het my gered van opstandige mense, my as hoof van vreemde nasies aangestel. 'n Volk wat ek nie geken het nie, is my onderdane.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) U het my van die gestry onder my volk bevry; U beskerm my, die hoof van nasies. Mense wat ek nie geken het nie, dien my;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “U red my van my eie mense wat opstandig is teen my. U maak my die hoof van volke en U beskerm my. Mense wat ek nie geken het nie, doen nou wat ek sê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) U het my gehelp toe my eie mense my wou onderkry. U het my boonop die koning van ander volke gemaak; mense wat ek nie eens ken nie, werk vir my