2 Samuel 22:40 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want U het my met krag omgord om te veg; die wat teen my opgestaan het, het U onder my onderwerp. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | U het my met krag toegerus vir die stryd, my teenstanders aan my onderwerp. |
| Afrikaans 1933/1953 | En U het my met krag omgord vir die stryd, U het my teëstanders onder my laat buk. |
| Afrikaans 1983 | U het my met krag omgord vir die stryd, U het my teëstanders voor my laat swig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | U omgord my met krag vir die geveg; U laat my teenstanders die knie voor my buig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U maak my sterk om oorlog te maak, U laat my vyande op hulle knieë staan voor my. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | U het my die krag gegee om te veg; U het my vyande op hulle knieë gedwing. |