2 Samuel 22:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek sal die HERE aanroep, wat lofwaardig is; so sal ek van my vyande verlos word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal roep tot die Here, Hy wat lofwaardig is, want Hy red my van my vyande. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek roep die HERE aan wat lofwaardig is, en van my vyande word ek verlos. |
| Afrikaans 1983 | Onder bespotting roep ek na die Here, dan word ek van my vyande gered. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Een wat geloof moet word – roep ek uit – is die Here! En van my vyande word ek verlos. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Here, ek wil U prys, want U het my gered van my vyande. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here moet geprys word, want as ek sy hulp vra, help Hy my teen my vyande. |