2 Samuel 22:39 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek het hulle verteer en hulle verwond, sodat hulle nie kon opstaan nie; ja, hulle het onder my voete geval. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het hulle oorrompel en platgeslaan; hulle kon nie opstaan nie; hulle het voor my voete gesneuwel. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ja, ek het hulle vernietig en hulle verbrysel, sodat hulle nie weer opgestaan het nie, maar onder my voete geval het. |
| Afrikaans 1983 | Ja, ek het hulle verpletter, sodat hulle nie weer kon opstaan nie. Hulle het voor my voete gesneuwel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek wis hulle uit, ek verpletter hulle, sodat hulle nie opstaan nie; hulle val onder my voete. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek maak hulle dood, ek slaan hulle, hulle staan nie weer op nie, hulle lê voor my voete. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het hulle so platgeslaan dat hulle nie weer kan opstaan nie. Hulle is teen die grond. |