2 Samuel 22:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wat God betref, sy weg is volmaak; die woord van die HERE is getoets; Hy is 'n skild vir almal wat op Hom vertrou.
Afrikaans (NLV) 2011 God se pad is volmaak. Die Here se woorde is betroubaar. Hy beskerm dié wat by Hom skuil.
Afrikaans 1933/1953 Die weg van God is volmaak; die woord van die HERE is gelouter; Hy is 'n skild vir almal wat by Hom skuil.
Afrikaans 1983 Wat God doen, is volmaak; wat die Here sê, is suiwer. Elkeen wat by Hom skuiling soek, beskerm Hy.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “God, sy weg is volmaak; die woord van die Here is gelouter. Hy is 'n skild vir almal wat by Hom skuil.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Wat God doen, is alles reg, wat die Here sê, is altyd waar. Hy is soos 'n skild vir almal wat na Hom toe vlug.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) God maak nie foute nie; die Here praat net die waarheid. As ’n mens in die moeilikheid is en na Hom toe gaan, beskerm Hy jou.