2 Samuel 22:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die God van my rots; op Hom sal ek vertrou: Hy is my skild en die horing van my heil, my hoë toring en my toevlug, my redder; U red my van geweld. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | my God is my rots, by wie ek skuil. Hy is my skild, die krag van my redding, my vesting, my toevlug, my verlosser wat my red van geweld. |
| Afrikaans 1933/1953 | God is my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my rotsvesting en my toevlug, my verlosser; van geweld het U my verlos. |
| Afrikaans 1983 | my God, my rots, by wie ek skuil, my skild en sterk verlosser, my veilige vesting, my toevlug en bevryder. Van geweld het U my verlos. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | My God is my rots by wie ek skuil, my skild en die horing van my redding, my toevlugsoord, my skuilplek, my verlosser – van geweld het U my verlos. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | God wat my Rots is, ek voel veilig by U, U is vir my soos 'n skild, U is sterk en U red my, U is vir my 'n veilige plek, ek kan na U toe vlug, U is my Redder, U red my van mense wat my aanval, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | My God, by U is ’n mens altyd veilig. U keer my vyande; U maak my sterk sodat ek hulle kan wen. U is ’n veilige wegkruipplek; U help my teen al die geweld. |