2 Samuel 22:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die geteisterde volk sal U verlos, maar u oë is op die hoogmoediges, dat U hulle kan neerwerp.
Afrikaans (NLV) 2011 U red hulle wat nederig is, maar U verneder die hoogmoediges.
Afrikaans 1933/1953 En U verlos die verdrukte volk, maar u oë is teen die hoogmoediges; U verneder hulle.
Afrikaans 1983 U red die verdrukte volk, U verneder die trotses.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Magtelose volk word deur U verlos, en u oë hou hoogmoediges dop; U verneder hulle.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U red mense wat hulleself nie kan beskerm nie, en U verneder mense wat dink hulle is belangrik.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) U help mense op wie daar getrap word, maar U hou ’n hoogmoedige mens dop en haal hom van sy troontjie af.