2 Samuel 22:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die HERE het my vergeld na my geregtigheid; na die reinheid van my hande het Hy my vergeld.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here beloon my opregtheid; Hy vergoed my onskuld,
Afrikaans 1933/1953 Die HERE het met my gehandel na my geregtigheid; na die reinheid van my hande het Hy my vergelde.
Afrikaans 1983 Die Here het aan my reg laat geskied, Hy het my onskuld aanvaar,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Die Here het aan my goed gedoen, op grond van my geregtigheid; omdat my hande skoon is, het Hy my vergoed.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek is onskuldig, en die Here gee vir my wat ek moet kry, ek het niks verkeerd gedoen nie, en die Here beloon my.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het dit vir my gedoen omdat ek onskuldig is; Hy was goed vir my, want ek het nie kwaad gedoen nie.