2 Samuel 22:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die kanale van die see het verskyn, die fondamente van die wêreld is ontdek, deur die bestraffing van die HERE, deur die geblaas van die asem van sy neusgate. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die bodem van die see word sigbaar, die fondamente van die aarde word ontbloot deur die gebulder van die Here, deur die rukwind van sy asem. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die beddings van die see het sigbaar geword, die fondamente van die wêreld is blootgelê, deur die dreiging van die HERE, vanweë die geblaas van die wind van sy neus. |
| Afrikaans 1983 | Die seebodem het sigbaar geword, die fondamente van die aarde is blootgelê deurdat U, Here, op hulle gebulder het met die orkaan van u toorn. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die beddings van die see het sigbaar geword; die fondamente van die aarde is ontbloot deur die dreiging van die Here, deur die windvlaag uit sy neus. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Wanneer die Here met sy vyande raas, wanneer die asem uit sy neus 'n stormwind word, dan word die see leeg, en die fondamente van die wêreld lê oop. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As die Here kwaad is en Hy praat, is dit soos ’n orkaan; as Hy so hard praat, gee die see sommer pad sodat jy die aarde se fondamente kan sien. |