2 Samuel 21:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het hulle in die hand van die Gibeoniete oorgegee, en hulle het hulle op die heuwel voor die aangesig van die HERE opgehang; en hulle het al sewe saam geval en gedood in die dae van die oes, in die eerste dae, in die begin van die gars oes. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | uitgelewer aan die Gibeoniete wat hulle op die berg voor die Here tereggestel het. Die sewe is almal saam doodgemaak. Dit was aan die begin van die garsoes. |
| Afrikaans 1933/1953 | en hy het hulle oorgegee in die hand van die Gibeoniete, wat hulle opgehang het op die berg voor die aangesig van die HERE, sodat al sewe tesame omgekom het; en hulle is gedood in die eerste dae van die oes, in die begin van die gars-oes. |
| Afrikaans 1983 | Hy het hulle almal uitgelewer aan die Gibeoniete wat hulle doodgemaak en voor die Here op die berg opgehang het. Die sewetal het saam omgekom. Hulle is gedood teen die tyd dat daar gewoonlik begin word met die garsoes. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het hulle aan die Gibeoniete oorhandig en dié het hulle voor die Here aan pale gehang op die berg. Die sewe het saam beswyk. Hulle is om die lewe gebring gedurende die eerste dae van die oes, aan die begin van die garsoes. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid het die seuns vir die mense van Gibeon gegee, en die mense van Gibeon het hulle opgehang op die berg by die tempel. Die sewe manne het saam gesterf. Dit het gebeur in die tyd toe die mense begin het om die gars af te sny. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het hulle vir die mense van Gibeon gegee. Die mense van Gibeon het hierdie sewe mans almal gelyk doodgemaak en hulle op die berg by die Here se altaar opgehang. Dit het gebeur aan die begin van die oestyd, net toe die mense begin gars oes het. |