2 Samuel 21:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die koning het Mefiboset, die seun van Jónatan, die seun van Saul, gespaar vanweë die eed van die HERE wat tussen hulle was, tussen Dawid en Jónatan, die seun van Saul.
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid het Mefiboset seun van Jonatan en kleinseun van Saul se lewe gespaar op grond van die eed wat hy en Saul se seun Jonatan voor die Here afgelê het.
Afrikaans 1933/1953 Maar die koning het Mefiboset, die seun van Jonatan, die seun van Saul, verskoon vanweë die eed by die HERE wat tussen hulle was, tussen Dawid en Jonatan, die seun van Saul.
Afrikaans 1983 Die koning het Mefiboset, seun van Jonatan seun van Saul, gespaar vanweë die verbond wat in die Naam van die Here tussen Dawid en Saul se seun Jonatan bestaan het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koning het Mefiboset, seun van Jonatan, seun van Saul, gespaar oor die eed voor die Here tussen hulle, tussen Dawid en Jonatan, seun van Saul.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning het nie vir Mefiboset seun van Jonatan gegee nie, want Dawid en Jonatan het voorheen 'n ooreenkoms gemaak, en die Here was die getuie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die koning het nie Mefiboset, Jonatan se seun en Saul se kleinseun, vir hulle gegee nie, want hy en Jonatan het dit mos voor die Here vir mekaar belowe.