2 Samuel 21:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat sewe manne van sy seuns aan ons oorgegee word, en ons sal hulle aan die HERE ophang in Gíbea van Saul, wat die HERE uitgekies het. En die koning sê: Ek sal hulle gee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sewe mans uit sy familie moet aan ons uitgelewer word sodat ons hulle voor die Here in Gibea van Saul, die een wat die Here uitgekies het, kan teregstel.” “Dis goed so,” sê die koning. “Ek sal dit doen.” |
| Afrikaans 1933/1953 | laat sewe manne van sy seuns aan ons gegee word, dat ons hulle voor die HERE kan ophang in G¡bea van Saul, die uitverkorene van die HERE! En die koning het gesê: Ek sal hulle gee. |
| Afrikaans 1983 | Daar moet nou sewe mans uit sy familie aan ons gegee word, sodat ons hulle kan doodmaak en voor die Here kan ophang by Gibea van Saul, die man wat deur die Here uitgekies was.” Dawid het geantwoord: “Goed, ek sal dit doen.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | laat daar sewe manne uit sy nageslag aan ons gegee word – dan sal ons hulle voor die Here aan pale hang in Gibea van Saul, die uitverkorene van die Here. ” Die koning het gesê: “Ek sal hulle gee.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons vra sewe manne van sy nageslag. Ons wil hulle ophang by die tempel in die stad Gibea-van-Saul, die stad van die man vir wie die Here gekies het.” Die koning het gesê: “Goed, ek sal die sewe manne gee.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom moet sewe van sy kinders of kleinkinders vir ons gegee word sodat ons hulle kan ophang om die Here tevrede te stel. Ons wil hulle in Gibea ophang, die dorp waar Saul gewoon het, die man vir wie die Here eers gekies het.” Die koning het gesê: “Ek sal hulle gee.” |