2 Samuel 21:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het die koning geantwoord: Die man wat ons verteer het en wat teen ons uitgedink het dat ons verdelg sou word om in enige van die gebiede van Israel te bly, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het geantwoord: “Dit gaan om die man wat ons wou uitwis en beplan het dat ons geen plek binne die grondgebied van Israel sou hê nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle sê vir die koning: Die man wat ons vernietig het en planne teen ons beraam het om ons te verdelg sonder dat ons in enige grondgebied van Israel kan voortbestaan -- |
| Afrikaans 1983 | Hulle antwoord die koning: “Daar was 'n man wat ons wou uitroei en wat beplan het om ons te verdelg sodat ons nie in die grondgebied van Israel kon voortbestaan nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het vir die koning gesê: “Die man wat ons vernietig het, wat planne teen ons beraam het, sodat ons uitgewis is sonder enige bestaansreg in die hele gebied van Israel, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het vir die koning gesê: “Daar was 'n man wat ons mense doodgemaak het en wat ons almal wou doodmaak sodat ons nie meer 'n plek sal hê in die hele Israel nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle sê toe vir die koning: “Daardie man wou ons uitroei; hy het ’n plan gehad om ons só by te kom dat ons nêrens in die land ’n plekkie sou hê nie. |