2 Samuel 21:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die Gibeoniete vir hom: Ons sal geen silwer of goud van Saul en van sy huis hê nie; en vir ons mag jy geen man in Israel doodmaak nie. En hy sê: Wat julle sal sê, dit sal Ek vir julle doen.
Afrikaans (NLV) 2011 “Wel,” antwoord die Gibeoniete, “dit gaan nie om silwer of goud nie. Ons wil ook nie hê dat een Israeliet doodgemaak word nie.” “Sê my net wat wil julle hê,” sê Dawid, “en ek sal dit vir julle doen.”
Afrikaans 1933/1953 Daarop sê die Gibeoniete vir hom: Dit is ons teenoor Saul en sy huis nie te doen om silwer en goud nie, en dit gaan vir ons nie daarom om iemand in Israel dood te maak nie. En hy vra: Wat dink julle dan moet ek vir julle doen?
Afrikaans 1983 Die Gibeoniete het hierop geantwoord: “Ons verwag nie silwer of goud van Saul en sy familie nie en ook nie dat iemand in Israel doodgemaak moet word nie.” Dawid vra toe: “Wat wil julle dan hê moet ek vir julle doen?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Gibeoniete het vir hom gesê: “Dit gaan nie vir ons oor silwer en goud as dit by Saul en sy familie kom nie; dit gaan nie vir ons daaroor om iemand in Israel dood te maak nie.” Toe vra hy: “Wat sê julle dan moet ek vir julle doen?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense van Gibeon het vir die koning gesê: “Ons wil nie silwer of goud hê van Saul en sy familie nie. En ons mag nie iemand van die volk Israel doodmaak nie.” Die koning het vir hulle gevra: “Sê vir my, wat moet ek vir julle doen?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die mense van Gibeon het gesê: “Ons wil nie Saul of sy familie se geld hê nie. Aan die ander kant mag ons seker nie vra dat van die Israeliete doodgemaak word nie, of hoe?” “Ek sal doen wat julle vir my vra,” sê Dawid.