2 Samuel 21:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom sê Dawid vir die Gibeoniete: Wat moet ek vir julle doen? en waarmee sal ek versoening doen, dat julle die erfdeel van die HERE kan seën?
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid vra toe vir hulle: “Wat kan ek vir julle doen? Waarmee kan ek julle vergoed? Sê my sodat julle tot seën kan wees vir die erfdeel van die Here.”
Afrikaans 1933/1953 Dawid dan het aan die Gibeoniete gesê: Wat moet ek vir julle doen, en waarmee moet ek versoening doen, dat julle die erfdeel van die HERE kan seën?
Afrikaans 1983 Dawid het vir die Gibeoniete gesê: “Wat moet ek vir julle doen en hoe moet ek julle vergoed sodat die land van die Here weer sy oeste kan lewer?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid het vir die Gibeoniete gesê: “Wat moet ek vir julle doen, en waarmee moet ek versoening doen, sodat julle die eiendom van die Here kan seën?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en hy het vir hulle gevra: “Wat kan ek vir julle doen? Hoe kan ek julle help sodat julle weer sal wil hê dat dit goed moet gaan met die volk van die Here?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) en vir hulle gevra: “Wat moet ek vir julle doen en hoe moet ek die saak regstel sodat dit weer goed kan gaan met die Here se land?”