2 Samuel 21:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar was nog 'n geveg in Gat, waar 'n man van groot gestalte was, met ses vingers aan elke hand en aan elke voet ses tone, vier en twintig in getal; en hy is ook vir die reus gebore. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In nog ’n geveg teen die Filistyne in Gat was daar ’n baie groot man met ses vingers aan elke hand en ses tone aan elke voet, saam 24. Hy was ook uit die geslag van die Refaïete. |
| Afrikaans 1933/1953 | En daar was weer oorlog in Gat; en daar was 'n baie lang man, met ses vingers aan elke hand en ses tone aan elke voet, vier en twintig in getal, en hy was ook 'n afstammeling van die Refa‹ete. |
| Afrikaans 1983 | Op 'n ander keer was daar oorlog in Gat. Daar was 'n lang man met ses vingers aan elke hand en ses tone aan elke voet; saam was dit vier en twintig. Hy was ook 'n Refaïet van geboorte. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe daar weer 'n geveg in Gat was, was daar 'n reus van 'n man met ses vingers aan elke hand en ses tone aan elke voet – vier-en-twintig altesaam. Ook hy het van Rafa afgestam. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Eendag was daar oorlog in die stad Gat. Daar was 'n lang man, hy het ses vingers aan elke hand gehad en ses tone aan elke voet, en hy was ook van die nageslag van die Rafa-mense. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In ’n ander geveg in Gat was daar ’n baie lang man met ses vingers aan elke hand en ses tone aan elke voet. Hy het, met ander woorde, twaalf vingers en twaalf tone gehad. Hy was ook een van daardie groot mense, die Refaïete. |