2 Samuel 21:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die koning het die Gibeoniete geroep en vir hulle gesê: (en die Gibeoniete was nie uit die kinders van Israel nie, maar uit die oorblyfsel van die Amoriete; en die kinders van Israel het vir hulle gesweer; en Saul het probeer om hulle dood te maak in sy ywer vir die kinders van Israel en Juda.)
Afrikaans (NLV) 2011 Die koning het toe die Gibeoniete laat roep. Hulle was nie Israeliete nie, maar ’n oorblyfsel van die Amoriete. Israel het voorheen met ’n eed belowe dat hulle nie die Gibeoniete sou uitroei nie. Tog het Saul in sy geesdrif vir Israel en Juda hulle probeer uitwis.
Afrikaans 1933/1953 Toe roep die koning die Gibeoniete en sê vir hulle -- die Gibeoniete het naamlik nie behoort tot die kinders van Israel nie, maar by 'n oorblyfsel van die Amoriete; en hoewel die kinders van Israel vir hulle gesweer het, het Saul probeer om hulle om te bring in sy ywer vir die kinders van Israel en Juda --
Afrikaans 1983 Die koning het toe die Gibeoniete laat roep. Hulle was natuurlik nie Israeliete nie, maar 'n oorblyfsel van die Amoriete. Die Israeliete het 'n verdrag met hulle gesluit gehad, maar later het Saul hulle probeer uitroei in sy geesdrif vir die saak van Israel en Juda.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe ontbied die koning die Gibeoniete en praat met hulle. Die Gibeoniete was nie deel van die Israeliete nie, maar was deel van 'n oorblyfsel van die Amoriete. Die Israeliete het vir hulle 'n eed afgelê, maar Saul het in sy ywer vir die Israeliete en Juda probeer om hulle uit te wis.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense van Gibeon was nie Israeliete nie, hulle was Amoriete. Die Israeliete het vir hulle belowe dat hulle kan aanhou lewe. Maar Saul het probeer om hulle almal dood te maak. Hy het gedink hy doen goed vir Israel en Juda. Koning Dawid het die mense van Gibeon geroep
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) (Die mense van Gibeon was nie Israeliete nie. Hulle voorouers was Amoriete. Die Israeliete het belowe hulle sal hulle nie doodmaak nie, maar Saul het probeer om hulle uit te roei omdat hy gedink het dit sal beter wees vir die mense van Israel en Juda.) Dawid het die mense van Gibeon laat roep