2 Samuel 21:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daar was weer 'n geveg in Gob met die Filistyne, waar Elhanan, die seun van Jaareoregim, 'n Betlehemiet, die broer van Goliat, die Gittiet, wie se spiesstok soos 'n wewersbalk was, verslaan het.
Afrikaans (NLV) 2011 Tydens nog ’n geveg teen die Filistyne by Gob, het Elganan seun van Jaäre-Origam uit Betlehem, vir Goliat die Gattiet doodgemaak. Die steel van sy spies was so dik soos die dwarsbalk van ’n weefstoel.
Afrikaans 1933/1953 En daar was weer oorlog met die Filistyne in Gob; en lhanan, die seun van J äre-Orgim uit Betlehem, het Goliat, die Gittiet, wie se spiessteel soos 'n wewersbalk was, verslaan.
Afrikaans 1983 In 'n ander geveg teen die Filistyne in Gob het Elganan seun van Jaäre-Oregim van Betlehem vir Goliat die Gattiet doodgemaak. Sy spiessteel was so dik soos die dwarsbalk van 'n weefstoel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe daar weer 'n geveg was met die Filistyne in Gob, het Elganan, seun van Jaäre-Oregim, uit Betlehem, Goliat uit Gat verslaan. Die skag van sy vegspies was soos die dwarsbalk van 'n weefraam.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe die Israeliete later weer by Gob oorlog gemaak het teen die Filistyne, het Elganan seun van Jaäre-Oregim van Betlehem vir Goliat oorwin. Goliat het van die stad Gat gekom en sy spies se steel was soos die balk van 'n weefstoel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In nóg ’n geveg teen die Filistyne in Gob het Elganan (hy was Jaïr, een van die wewers in Betlehem, se seun) vir Goliat wat van Gat af gekom het, doodgemaak. Die handvatsel van Goliat se spies het gelyk soos die balk waaraan die mense wat weef, hulle wol hang.