2 Samuel 21:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daarna het daar weer 'n geveg met die Filistyne by Gob gekom;
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna was daar ’n ander geveg teen die Filistyne in Gob. In die geveg het Sibbekai uit Gusa vir Sippai uit die geslag van die Refaïete, doodgemaak.
Afrikaans 1933/1953 En daarna was daar weer oorlog met die Filistyne in Gob. Toe het S¡bbegai, die Husatiet, Saf, uit die kinders van die Refa‹ete, verslaan.
Afrikaans 1983 Daarna was daar weer oorlog teen die Filistyne in Gob. Daar het Sibbekai uit Gusa vir Sippai uit die geslag van die Refaïete verslaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Tyd daarna was daar nog 'n geveg met die Filistyne in Gob. Dit was toe dat Sibbegai uit Gusa vir Saf, uit die nageslag van Rafa, verslaan het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Later het die Israeliete weer by die stad Gob oorlog gemaak teen die Filistyne. Sibbekai van die stad Gusa het daar vir Saf oorwin. Saf was ook van die nageslag van die Rafa-mense.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna was daar nog ’n geveg teen die Filistyne in Gob. In dié geveg het Sibbekai wat van Gusa af gekom het, ook so ’n groot man doodgemaak. Die man se naam was Saf.