2 Samuel 21:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar Abísai, die seun van Seruja, het hom gehelp en die Filistyn verslaan en hom doodgemaak. Toe het die manne van Dawid vir hom gesweer en gesê: Jy mag nie meer saam met ons uittrek in die oorlog nie, dat jy die lig van Israel nie uitblus nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar Abisai seun van Seruja het tot sy redding gekom en die Filistyn verslaan. Daarna het Dawid se soldate gesê: “U gaan nie weer saam in die gevegte nie! Ons kan tog nie die risiko loop dat die lig van Israel uitgedoof word nie!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Ab¡sai, die seun van Seruja, het hom gehelp en die Filistyn verslaan en hom gedood. Toe het die manne van Dawid hom besweer en gesê: U mag nie meer saam met ons uittrek na die geveg nie, dat u die lamp van Israel nie uitblus nie. |
| Afrikaans 1983 | Seruja se seun Abisai het Dawid egter gehelp en die Filistyn platgeslaan en doodgemaak. Toe het die manne van Dawid vir hom gesê: “U wat die lamp van Israel is, mag nie meer saam met ons na die oorlog toe uittrek nie, sodat die lamp nie doodgeblaas sal word nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Abisai, seun van Seruja, het Dawid te hulp gekom, die Filistyn verslaan en hom doodgemaak. Toe het die manne van Dawid onder eed vir hom gesê: “U mag nie weer saam met ons uittrek vir 'n geveg nie. U mag nie die lamp van Israel uitdoof nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | maar Abisai seun van Seruja het vir Dawid gehelp en hy het die Filistyn plat geslaan en hom doodgemaak. Die manne van Dawid het toe vir hom gesê: “So seker soos die Here lewe, jy sal nie weer saam met ons oorlog gaan maak nie. Jy is die lamp wat vir Israel lig gee, en niemand mag die lamp doodmaak nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar Abisai, Seruja se seun, het Dawid gaan help en die Filistyn platgeslaan en doodgesteek. Daarna het Dawid se manne hom laat sweer dat hy nooit weer saam met hulle sal gaan veg nie. Hulle was bang hy kom iets oor en dit sou ’n donker dag wees vir Israel. |