2 Samuel 21:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verder het die Filistyne weer oorlog teen Israel gehad; en Dawid het afgetrek en sy dienaars saam met hom en teen die Filistyne geveg, en Dawid het moeg geword.
Afrikaans (NLV) 2011 Op ’n keer was daar weer oorlog tussen die Filistyne en Israel. Dawid en sy manskappe het teen die Filistyne gaan veg, maar Dawid self het moeg en uitgeput geraak.
Afrikaans 1933/1953 En toe die Filistyne weer oorlog gehad het met Israel, het Dawid afgetrek, en sy dienaars saam met hom, en hulle het teen die Filistyne geveg, en Dawid het al moeg geword.
Afrikaans 1983 Daar het oorlog uitgebreek tussen die Filistyne en die Israeliete. Dawid en sy manskappe het teen die Filistyne gaan veg en Dawid het moeg geword.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Filistyne het toe weer oorlog gemaak met Israel. Dawid het afgetrek, en sy dienaars saam met hom. Hulle het teen die Filistyne geveg, maar Dawid het moeg geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar was weer oorlog tussen die Filistyne en die Israeliete. Toe Dawid eendag saam met sy manne teen die Filistyne gaan veg het, het hy moeg geword.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) [15-16] Daar was weer oorlog tussen die Israeliete en die Filistyne. Dawid het saam met sy soldate gaan veg. Hulle kamp was in Gob. Dawid het baie moeg geword in die geveg. ’n Filistyn het toe gedink hy kan Dawid doodmaak. Hy was ’n reus van ’n man. Sy spies se bronspunt het meer as drie kilogram geweeg. Hy wou Dawid met sy nuwe swaard doodsteek.