2 Samuel 21:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die gebeente van Saul en sy seun Jónatan het hulle begrawe in die land Benjamin in Sela, in die graf van sy vader Kis; en hulle het alles uitgevoer wat die koning beveel het. En daarna is God vir die land gebid.
Afrikaans (NLV) 2011 op die dorp Sela in Betlehem, in die grafkelder van Saul se pa, Kis, laat begrawe. Hulle het alles gedoen wat die koning beveel het. Daarna het God die gebede vir die land verhoor.
Afrikaans 1933/1953 en die bene van Saul en van sy seun Jonatan in die land Benjamin, in Sela, in die graf van sy vader Kis begrawe; en hulle het alles gedoen volgens die bevel van die koning. En daarna het God Hom oor die land ontferm.
Afrikaans 1983 en almal by Sela in Benjamin laat begrawe in die graf van Kis, Saul se pa. Alles is gedoen net soos die koning beveel het. Daarna het God weer gebede vir die land verhoor.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het toe die beendere van Saul en sy seun Jonatan neergelê in die graf van Kis, Saul se vader, in die gebied van Benjamin, in Sela. Hulle het alles gedoen wat die koning beveel het. God het die smeekbedes vir die land daarna verhoor.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het dit laat begrawe in die land Benjamin, in die graf van Kis, Saul se pa. Die graf was in 'n rots. Nadat die koning dit alles laat doen het, het God weer geluister na die gebede vir die land.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) in Benjamin, in Kis se graf by Sela laat begrawe. Nadat die mense alles presies gedoen het soos die koning vir hulle gesê het, het God weer die land jammer gekry en die mense se gebede geantwoord.