2 Samuel 21:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dawid het toe gegaan en die bene van Saul en die bene van sy seun Jónatan geneem van die manne van Jabes in Gílead, wat hulle gesteel het van die straat van Betsan, waar die Filistyne hulle opgehang het, toe die Filistyne Saul in Gilboa verslaan het.
Afrikaans (NLV) 2011 het hy die bene van Saul en sy seun Jonatan by die inwoners van Jabes in Gilead laat haal. Saul en Jonatan het destyds in die geveg op Gilboa teen die Filistyne omgekom. Die Filistyne het die liggame op die stadsplein van die Filistynse stad Bet-San opgehang, maar die inwoners van Jabes in Gilead het hulle liggame daar gaan steel.
Afrikaans 1933/1953 het Dawid gegaan en die bene van Saul en die bene van sy seun Jonatan van die burgers van Jabes in G¡lead gaan haal, wat dit van die plein van Bet-San gesteel het, waar die Filistyne hulle opgehang het op die dag toe die Filistyne Saul op Gilboa verslaan het.
Afrikaans 1983 het hy die bene van Saul en sy seun Jonatan laat haal by die burgers van Jabes in Gilead. Hulle het dit destyds op die stadsplein van Bet-San gaan steel waar die Filistyne dit opgehang het toe Saul op Gilboa verslaan is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) het hy wat Dawid is, gegaan en die beendere van Saul en sy seun Jonatan gaan haal by die burgers van Jabes in Gilead, wat dit in die geheim verwyder het van die plein in Bet-San, waar die Filistyne hulle opgehang het die dag toe die Filistyne Saul op Gilboa verslaan het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het toe die bene van Saul en Jonatan laat haal. Die leiers van die stad Jabes-Gilead het die bene gaan steel op die oop stuk grond in die stad Bet-San. Die Filistyne het Saul en Jonatan se liggame daar opgehang nadat hulle vir Saul op Gilboa-berg oorwin het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het toe Saul en sy seun Jonatan se bene laat haal by die mense van Jabes in Gilead. (Die mense van Jabes het hulle lyke mos een nag gaan afhaal van die binnekant van die muur van Bet-San af waar die Filistyne hulle opgehang het nadat hulle vir Saul op Gilboaberg doodgemaak het.)