2 Samuel 21:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Rispa, die dogter van Aja, het rouklere geneem en dit vir haar op die rots uitgesprei, van die begin van die oes af totdat water uit die hemel op hulle geval het, en die voëls van die hemel nie toegelaat het om bedags op hulle te rus nie, en ook die diere van die veld in die nag. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar Rispa, dogter van Aja, het rouklere gevat en op ’n rots oopgegooi. Sy het gedurende die hele garsoestyd daar gebly totdat die eerste reën geval het. Sy het nie toegelaat dat roofvoëls bedags of roofdiere snags aan haar seuns se lyke vreet nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Rispa, die dogter van Aja, het 'n sak geneem en dit vir haar oopgespan op die rots, van die begin van die oes af totdat daar water uit die hemel op hulle gegiet het, en sy het die voëls van die hemel oordag nie toegelaat om op hulle te gaan sit nie, en ook nie die diere van die veld in die nag nie. |
| Afrikaans 1983 | Rispa dogter van Aja het toe rouklere gevat en dit vir haar op 'n rots oopgegooi. Van die begin van die oestyd af totdat die reëntyd aangebreek het, het sy bedags die roofvoëls en snags die roofdiere nie aan die lyke laat vreet nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Rispa, dogter van Aja, het 'n roukleed geneem en dit vir haar op die rots oopgesprei, van die begin van die oes af totdat daar water uit die hemelruim op hulle neergestort het. Sy het nie die voëls van die hemel toegelaat om bedags op die lyke toe te sak nie, en ook nie die wilde diere snags nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Rispa dogter van Aja het rouklere geneem en sy het dit oopgegooi oor 'n rots. Sy het daar gebly vandat hulle begin het om die gars af te sny totdat dit begin reën het. Sy het gekeer sodat die voëls nie in die dag by hulle liggame kon kom nie, en ook nie die wilde diere in die nag nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Rispa, Aja se dogter, het ’n swart bokhaarkombers gevat en vir haar ’n skuiling op die klipplaat gemaak. Daar het sy gesit en bedags die aasvoëls en snags die jakkalse van die lyke af weggehou. Sy het by die lyke waggehou vandat die oes begin het totdat dit op die lyke gereën het. |