2 Samuel 21:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe was daar hongersnood in die dae van Dawid, drie jaar, jaar na jaar; en Dawid het die HERE geraadpleeg. En die HERE antwoord: Dit is vir Saul en vir sy bloedige huis, omdat hy die Gibeoniete gedood het.
Afrikaans (NLV) 2011 Gedurende Dawid se bewind was daar ’n hongersnood wat drie jaar lank geduur het. Toe het Dawid die Here daaroor geraadpleeg. Die Here het geantwoord: “Daar rus ’n bloedskuld op Saul en sy familie omdat hy van die Gibeoniete doodgemaak het.”
Afrikaans 1933/1953 En toe daar in die dae van Dawid 'n hongersnood was, drie jaar lank, jaar njaar, het Dawid die aangesig van die HERE gesoek; en die HERE het gesê: Vanweë Saul en vanweë sy huis waarop bloedskuld rus, omdat hy die Gibeoniete omgebring het.
Afrikaans 1983 In Dawid se tyd was daar 'n keer hongersnood wat drie jaar aanmekaar geduur het. Dawid het toe die Here geraadpleeg, en die Here het geantwoord: “Dit is te wyte aan Saul en sy moordenaarshuis, want hy het van die Gibeoniete laat doodmaak.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In die tyd van Dawid was daar drie agtereenvolgende jare lank hongersnood. Dawid het die teenwoordigheid van die Here opgesoek, en die Here het gesê: “Dit is oor Saul, oor sy huis van bloedskuld, omdat hy die Gibeoniete doodgemaak het.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) In die tyd toe Dawid koning was, was daar een maal drie jaar lank hongersnood in die land. Dawid het vir die Here gevra hoekom dit so is, en die Here het gesê dit is omdat Saul mense laat vermoor het toe hy die mense van die stad Gibeon almal wou doodmaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar was op ’n keer in Dawid se tyd baie min kos in die land. Dit het vir drie jaar aangehou omdat dit nie gereën het nie. Dawid het toe vir die Here gaan vra wat verkeerd is. Die Here se antwoord was: “Saul het mense van Gibeon laat doodmaak, en sy familie moet eers daarvoor betaal.”