2 Samuel 20:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Joab sê vir Amasa: Is jy gesond, my broer? En Joab het Amasa met die regterhand aan die baard geneem om hom te soen.
Afrikaans (NLV) 2011 “Hoe gaan dit met jou, my broer?” sê Joab vir hom. Hy het hom met sy regterhand aan die baard gegryp asof hy hom wou soen.
Afrikaans 1933/1953 En Joab sê vir Am sa: Gaan dit goed met jou, my broer? En Joab het met die regterhand die baard van Am sa gegryp om hom te soen.
Afrikaans 1983 Joab het vir hom gevra: “Gaan dit goed met jou, my broer?” en hom met sy regterhand aan die baard gegryp asof hy hom wou soen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Joab het vir Amasa gesê: “Gaan dit goed met jou, my broer?” En toe gryp Joab met die regterhand Amasa se baard om hom te soengroet.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Joab het vir Amasa gesê: “Gaan dit goed, my broer?” Joab het met sy regter-hand Amasa se baard gegryp om hom te soen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Joab sê vir Amasa: “En hoe gaan dit, ou broer?” en hy vat hom met sy regterhand aan die baard asof hy vir Amasa wil soen.