2 Samuel 20:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe hulle by die groot klip was wat in Gibeon is, het Amasa voor hulle uit gegaan. En Joab se kleed wat hy aangetrek het, was vir hom omgord, en daaraan was 'n gordel met 'n swaard om sy heupe vasgemaak in sy skede; en terwyl hy uitgaan, het dit uitgeval. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe hulle by die groot klip in Gibeon kom, kom Amasa net daar aan. Joab het sy mantel aangehad, en bo-oor was sy swaard in die skede, vasgemaak aan die gordel oor sy heupe. Toe hy naderkom, het die swaard uitgeglip. |
| Afrikaans 1933/1953 | Terwyl hulle by die groot klip was wat by G¡beon lê, kom Am sa voor hulle uit. En Joab was omgord met sy wapenrok as sy kleed en daaroor was 'n gord met 'n swaard wat in die skede aan sy heupe vasgemaak was, en terwyl hy voortgaan, het dit geval. |
| Afrikaans 1983 | Terwyl hulle by die groot klip in Gibeon was, het Amasa by hulle gekom. Joab het nog sy mantel aangehad waaroor sy swaard in die skede vasgegespe was. Hy het op Amasa afgestap, en toe val die swaard uit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle was naby die groot klip wat by Gibeon is, maar Amasa het voor hulle daar aangekom. Joab het sy gevegskleed as gewone drag aangehad en bo-oor, om sy heupe, was 'n lyfband met 'n swaard in sy skede vasgemaak. Toe hy vorentoe beweeg, het die swaard uitgeval. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe hulle by die groot klip kom wat in Gibeon is, het Amasa by hulle gekom. Joab het sy oorlogklere aangehad, en hy het sy swaard bo-oor sy klere vasgebind in die leersak. Die swaard het uit die leersak geval. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | By die groot klip in Gibeon het Amasa na hulle toe gekom. Joab het sy oorlogsklere aangehad. Hy het sy swaard in ’n skede bo-oor sy klere vasgemaak. Toe hy vorentoe kom, het sy swaard uitgeval. |