2 Samuel 20:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die manne van Joab het agter hom aan uitgetrek en die Kretiete en die Peletiete en al die helde, en hulle het uit Jerusalem uitgetrek om Skeba, die seun van Bigri, te agtervolg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die manskappe van Joab het ook uitgetrek, asook die koning se Filistynse lyfwag en al die dapper krygers. Hulle het uit Jerusalem getrek om Seba agterna te sit. |
| Afrikaans 1933/1953 | En daar het uitgetrek, agter hom aan, die manne van Joab en die Kreti en die Pleti en al die helde -- hulle het uit Jerusalem uitgetrek om Seba, die seun van Bigri, agterna te jaag. |
| Afrikaans 1983 | Joab en sy afdeling het ook agter hom aan uitgetrek. Die koninklike lyfwag en al die vegters het uit Jerusalem getrek om Seba seun van Bikri te agtervolg. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die manne van Joab, die Kreti en Pleti en al die helde het agter hom aan uitgetrek. Hulle het uit Jerusalem getrek om Seba, seun van Bigri, te agtervolg. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Joab en sy manne het saam met Abisai gegaan, en ook die manne wat die koning moes oppas en al die manne wat goed oorlog kon maak. Hulle het uit Jerusalem gegaan om vir Seba seun van Bikri te volg en te jaag. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Abisai is toe met Joab en sy manne en die koning se lyfwag en sy dapper soldate van Jerusalem af agter Seba aan. |